|
[English] Builders Discount:- Verskaffer van alle bou en hardeware benodighede in Nylstroom, het ‘n klein begin gehad in 1995. Dié besigheid het begin met die verkoop van denne hout in ‘n gebou van 250m², met slegs drie personeellede, toe bekend as Discount Pine. Dié besigheid het vinnig gegroei, en met dienslewering as eerste punt op die agenda, is daar besluit om ook in die groot behoefte na hardeware en boubenodighede te voorsien. Daarna was die groei van die besigheid onkeerbaar. Die naam, Discount Pine is verander na Builders Discount. Ná 14 jaar, met ‘n personeel van 55 in ‘n gebou van 4300m² (onder dak), verkoop Builders Discount enige produk denkbaar, vir die bou van ‘n nuwe huis, aanbou, herstel of versiering van jou huis. Builders Discount word bedryf as ‘n familie-saak met Johan de Villiers, Sarie de Villiers en Jaco de Villiers aan die stuur van hierdie dinamiese, steeds groeiende besigheid in die Waterberge. Builders Discount:- Supplier of building and hardware material, in Nylstroom, had a small start in 1995, selling Pine, from a 250m² building, with only three personnel, the business was then known as Discount Pine. The business grew fast. The demand for building and hardware supplies increased, and soon Discount Pine started supplying building and hardware material to the ever-increasing local market. Growth of the business was not to be stopped. The name, Discount Pine was changed, to the now well known, Builders Discount. After 14 years in the business, with 55 personnel, in a building of 4300m² (under roof), they are now selling any product you will need for building a new home, renovating a home or just re-decorating your existing home. This owner driven / family business, with Johan de Villiers, Sarie de Villiers and Jaco de Viliiers is fast becoming the leader, in the supply of building and hardware material in the Waterberg.
|
|||||||
|
© 2009 - 2010. Builders Discount. All rights reserved.
|
|||||||