Dis spoggerig, Mnr. Calitz, baie spoggerig! Die personeel van Hoërskool
Nylstroom het deesdae splinternuwe personeeldrag danksy Builders
Discount en Pick n Pay Modimolle. Mnr. Johann Calitz, skoolhoof van
Hoërskool Nylstroom wys hoe dit lyk. By hom is Mnr. JJ Durand, bestuurder
van Pick n Pay en Me. Marlene de Villiers, Skakelbeampte van Builders
Discount.
Jaco de Villiers oorhandig ‘n dakwaaier aan Supt Maila die bevelvoerder van Modimolle se Polisie. ‘n baie welkome skenking in hierdie warm somer weer!